Thursday 18 August 2011

Projek Lees-Nou-Klaar

Geruime tyd nou al dwaal hier so klompie boeke deur die huis, - langs die bedkassie, op die klavier, weggesteek onder die hopie papiere...alles aangeskaf op uitverkoping of tweedehands of met goeie intensies, maar dit word Net Nie Gelees Nie.

So het ek van hulle begin bymekaar skraap...en daar's ± 28 boeke op die gekonsolideerde stapel!  Ag en twintig!



(Ek het vandag 'n nuwe boekrak gekry en een hele rakkie van daardie grote boekrak gaan nét vir Ongeleesde Boeke wees).



Dus. Ek gaan 'n lys maak (het al begin van die jaar, toe was daar 15).  Maar gaan nou weer 'n lys maak en dan gaan probeer om ten minste elke 2e week een van daardie boeke te vat en net klaar te kry.  Party is dun en vinnig (Rugby agter doringdraad - Gerhard Viviers), of dun en stadiger (How to study the Bible), party is...umm, boekrakstutte? (Agaat...).

Here goes, hier is die lys, in geen spesifieke volgorde, en soos ek my nuwe boekrak volpak, mag ek uit enige kamer in die huis nóg fondse kry...
  1. Mahala - Chris Barnard
  2. Fascinating Womanhood - Helen Andelin
  3. The man who loved the Zulus - J F Scutt
  4. How to study the Bible - John MacArthur
  5. Suid-Afrika 'n Toekomsperspektief - (uit 1981!)
  6. 7 Things you had better nailed down (before all hell breaks loose) - Roger Wolgemuth
  7. Knowledge in the blood - Jonathan Jansen
  8. Star of the morning - Pamela Jooste
  9. People like ourselved - Pamela Jooste
  10. Versamelde Gedigte - Eugéne Marais
  11. Prester John - John Buchan
  12. Taras Bulba - Nicholas Gogol
  13. Rugby agter doringdraad - Gerhard Viviers
  14. 'n Plaaswinkel naby Oral - Abraham de Vries
  15. Armosyn van die Kaap  - Karel Schoeman
  16. Frieda and Min  - Pamela Jooste
  17. On the back roads - Dana Snyman
  18. Coconut - Kopano Matlwa
  19. The Five Love Languages
  20. Black Diamond - Zakes Mda
  21. A Journal for Jordan - Dana Canedy
  22. I am a cloud, I can blow anywhere - Jonathan and Shirley Tulloch
  23. John - Niall Williams
  24. Nelson Mandela, by Himself
  25. The boy who harnessed the wind - William Kwamkwamba & Bryan Mealer
  26. The bridge on the river Kwai - Pierre Boulle
  27. Agaat - Marlene van Niekerk
  28. Holding up the sky - Sandy Blackburn Wright
  29. The highly sensitive child - Elaine Aron
  30. The girl with the dragon tattoo - Stieg Larrson
Dis 30!  En ek's nou besig met die laaste 2. 

Wat's volgende?

No comments: