Tuesday 5 July 2011

Van blommetjies en vlaggies

Ek moet eintlik twee dinge doen - inpak vir vakansie saam met die mannetjies, en uitpak (trek die ou kombuis na 'n nuwe kombuis). Getrou aan my aard, kry ek dan iets anders om te doen.
Eers moés ek wel 'n nuwe koffer gaan koop.  Ons oues was nog nie OP nie, maar hulle het ook nou al 'n paar maak oor die aardbol gevlieg, en dit was nou tyd vir 'n regte grootmens-harde koffer...aangeskaf met aanmoediging van my Ysterman.  'n Nuwe koffer moet ook nuwe 'tags' kry!  Kan nie die ou flenter groen-en rooi- linte weer aansit nie, en met dié dat daar ook 'n nuwe geskenk-naam'tag' is, moes ek met plan B vorendag kom...

Jip! Hekel 'n blom of twee om aan die koffer te hang.  (Laaang train of thought hoe ek daar gekom het!).  Daar's 'n paar van Lucy se blommetjies en ook 'n paar van Alice se "pointy petal flowers".  Almal vasgehaak aan 'n groen kettinkie en ek wed jou, hoeveel mean-ass besigheidsmann gaan nou my tas gryp?

Maar so, terwyl ek moet kombuis regpak, kom ek af op 'n Projek, onder in 'n hoekie - 'n ou tafeldoekie van my ouma met 'n hoop doilies wat ek reg rondom wil werk (daar was sulke aanwysings 'n jaar of wat terug in Idees, baie mooi), en saam met die 'n paar doilies wat nie aan die tafeldoek gaan kom nie, wat ek nou die dag ook weer ontdek het..  Kyk hoe mooi!  En FYN! (Dis eintlik die groot ding). Watter grootte naald gebruik vir mens vir hierdie klein stekies? (Lego-mannetjie vir skaal).  Ek het nié die moed om ooit so iets aan te pak nie (gaan dus nie inskryf vir Orania se doilie-maak kompetisie nie :-).
Geen wonder hul oë het so ingegee nie.

En die vlaggies - wens daar was meer, want dink net die bunting wat ek daarmee kon maak. 

Al die doilies is gemaak deur 'n verskeidenheid oumas - my oumas Vlaggie en Nettie, en Ysterman se oumas Alkie en Corrie. 


While having to a) pack for a short vacation and b) move stuff from the old kitchen to the new kitchen, I actually did two other things...
a) made easily recognisable tags for my new suitcase.  Look at my little flowers, courtesy of Lucy's and Alice's very nice how to's.
b found a pile of doilies made by my and my Ironman's grannies. The wonder! Such fine work.  Would never attempt that. Am going to do up an old tablecloth by stitching the doilies around the seam (trust me, it will look pretty) and maybe make a bunting plan with the two triangles.

(Nou ek ek ook sommer die foto-ding reggekry...viva Picasa!)

3 comments:

Gerlene said...

Testing testing one two three!?

Gerlene said...

Yes, now leaving comments work!!!

Stel said...

Yeay!!