Wednesday 29 June 2011

Die.Babakombers.Is.Klaar.


Sjoe. Het ek nou verwoed gehekel aan hierdie kombersie. (Dit is immers my eerste!). Jete, maar ek is in my noppies! Ek kyk heeltyd vir die randjie (ek love die randjie, ek love dit om trebles te kan werk).







Dit lyk nou wel helemal anders was wat ek beplan het, maar noudat dit klaar is, dink ek dis al te mooi. Skies as ek nou wintie raak.

42 blokkies, in die Summer Garden Square, met 'n ekstra randjie.
2 rye Granny clusters.

2 rye tr, 2 ry d, 1 s. Ek wou nog scallops doen, maar dink toe toe dit lyk nou nét reg, so.




(My selfoon neem skitterende naby-foto's!)

Hoop Mila/Michal lê lekker daaronder en daarop!

Wednesday 22 June 2011

'n Naweek weg


O, mens kom stadig aan die gang na so naweek weg!
Ons was vir die naweek op Merry Pebbles, sou eers tentopslaan maar het op die nimmertjie eerder 'n huisie gekry, met dié dat die manne nog effe siek was. Maar net so lekker! Daar is visgevang en rondgery en watervalle gekyk en...ek het drie serpe klaargemaak en amper Die Babakombersie. Waar van ek toe nou maar al die kakie-randjies afhaal want ek kry nie betyds my ekstra kakie wol nie. Lekker voor die vuur gesit en hekel:




Merry Pebbles is nou maklik my gunsteling-oord. Ons is maar 'sagte' kampers, ek hou van elektrisiteit en water sommer hier by my, en as dit kan nog 'n privaat badkamer ook. MP is klein, lê teen die berg in die elmboog van die Sabie-rivier, en kids kan hulself daar uitwoed tussen die swembaddes en trapfiets-karretjies en visvang in die rivier. Ons was wel nie daar so gelukkig soos by Horseshoe Trout nie - daar het Die Mannetjie skaars ingegooi of die forelle byt - 9 altesaam! Tweede keer dat die kleintjie vir son aandete vang, en hy was so trots daarop.





Op pad na Sabie het ons gestop by Milly's restaurant/winkel, net buite Machadadorp. 'n Heerlike eetplek, koffieplek (daar's wel ook 'n Seattle take-away binne die StarStop) en seker die beste karringmelkbeskuit in Suid-Afrika. Dis nou behalwe die mooi goed by Milly's Small Fry, hul winkeltjie met kinderklere en bybehore:






(En Milly's het Vrydag AFgebrand! :-(



Ek's nou total geïnspireer om met katoen iets te hekel, en Ruby's het rye en rye van daardie Vinnie's Cotton.


Maar intussen het ek Die Babakombers her-beplan, en hoewel nie my eerste keuse, al die blokkies se randjie begin oordoen in rooi. Ek sal nog daaraan gewoond raak. Moet nog net een blokkie doen, dan al die rafels wegwerk en vaswerk en blok en opvou en toedraai en wegpos Kenton toe!

Ek het ook verwoed aan die serpe gehekel - dit gaan lekker vinnig, sommer so in die kar. Dink nie ek sal gou weer met 'n oneweredige draad werk soos die groenerig en blouerig nie - hoewel mooi, werk dit moeilik! Veral met groot haak . Dit voel wel lekker lig om die koue nek en doen sy werk. En kyk hoe mooi kom die strepieserp- met al die uitgetrekte draadjies van Die Babakombers! Nuutwol, so dit moet na iemand spesiaal gaan wat dit sal waardeer :-)







En nou moét ek gaan rafels wegwerk!



Wednesday 15 June 2011

Hekel in publiek

Ek lees nou die dag hoe Natasja vertel van haar hekel op die trein, so bietjie agter in die hoekie. Sal dit nou lekker wees, om elke dag so hekeltyd te kry! (Ek doen die bestuurwerk, ry na twee skole toe, en kry net hekelkans in die kar op 'n naweek as die Ysterman bestuur).



Nou, ek was 10 jr laas in London, en onthou dié wat nie op die Tube sit en slaap of boeklees nie, staar in die niet. Min doen iets anders. En hier in SA sien jy amper nooit dat iemand hekel/brei/borduur buite hul binnekamer nie. Wat nog te sê waar Ander Mense jou kan sien!


So ek het besluit - as ek enigsins wil genoeg tyd kry om 'n ry klaar te maak, beter ek plan sien, want by die huis met die manne en die honde en huishulp raak dit rof. Dus sal ek iewers elders moet gaan SIT en skaamgeit in my sak druk en iets doen :-) Nou het ek al lekker mak geraak en gaan sit by Pure, en Café Dulce, en Woollies...




Steur my nie meer aan die verbouereerde kyk nie! (Want veral die grend tannies weet nie so mooi wat om te doen as iemand In Die Openbaar hier neffens hul sit en hekel nie. He he heee).


Maar veral wil ek dit ook doen sodat mense kan sien hekel is nie net 'n outannie-ding nie, en mens hoef nie pers-en-oranje, of gillende botsende primêre kleure met swart te gebruik nie. Hekel is weer mooi en word al meer gewild en ek dink dis nodig dat ons ou handvaardighede bietjie meer blootstelling kry. Dit gaan net gebeur as ander mense dit sien. Vandat ek so in die oopte hekel, by die skool en gimnastiek en ooievaarstee, kom ek agter hoeveel ander ook hekel of brei! Nou is ons al 'n groepie skoolma's wat een maal 'n maand saam sit en werk.


But that's not all folks.



Einste Natasja en ek het vandag na drie sekondes se nadenke 'n Facebook-blad begin, vir Afrikaanse hekelaars! Daar's baie haakers wat nie blogs lees of by Ravelry inskakel nie. Ons blad wil net aansluit by hierdie forums - as jy op Facebook is en Afrikaans kan lees/praat/verstaan, moet jy kom saamgesels. Kom kliek "Like" by http://www.facebook.com/#!/pages/Ons-Hekel/152656494806098?sk=info (gits, ek hoop hierdie werk, andersins soek maar net vir Ons Hekel) en laat ons sien wat doen julle.





Hoe's daai vir hekel-in-publiek ?




Wednesday 8 June 2011

Almal kry 'n serpie

Nou lê die Groot Kombers eenkant want ek moet 'n Babakombersie klaarmaak...maar my wol is te min! Aaaaarggh! Gaan nie binne 'n week dit kan kry nie, so dalk moet ek maar 'n paar blokke losmaak en uitleg bietjie verander dat buitenste rand 'n rooi rand is...ggmrmppf.

SO. Ek moet my aandag eers aflei met iets anders: Serp vir die Mannetjie. Want die Bulkalf het nou die dag een gekry en die bolle wol lê opgelyn vir die volgende serpe.
Ek het die serpe op Natasja se blog gesien, en sy het hierdie patroon gebruik. Sy het hare bietjie nouer na bo gemaak (goeie idee) en vir die seuns het ek net tot die helfte gewerk.
(Het ook vir die eerste keer reggekry om deur albei steke van die ketting te werk, yeay!)



Hy was erg in sy skik.



Het bietjie malkoppie geraak.

En gaan dit waarskynlik wil gebruik vir 'n volgende jag saam met Pa.

Everybody's getting a scarf

Aaargh, I ran out of yarn for the Baby Blanket! And it's to ordered from Jhb, not going to get it before the end of the week. Maybe I must change the layout and play around the colour.

In the meantime I started knitting cowl scarves, first for the Little Boy, then for the Big Boy (pictured here, quite in his element).

Friday 3 June 2011

Ruby's is 'n skatkis

Ag demmit. Daar undo ek die hele mooie stuk wat ek skryf oor Ruby's. Weeeejy.

Maar dit gaan oor die pienk pienk habedashery daar in Fehrsenstraat, aan die buitekant van Brooklyn-sentru, Pienker as salmpienk kan jy nie kry nie, van buite op die vensters tot binne op elke kleinste liewe rakkie, als is pienk geverf! En binne kan jy enigiets kry. Wol garing penne teddie-oë hakies speldjies - enigiets te doen met knip stik haak of plak.
Ek is daarheen vir 'n nr 10 hekelpen en pienk satynband. Ek is daaruit met 'n SAK wol en R300 minder (en geen hekelpen en geen satynband...)

Daar is supermooi kantoen...





En hierdie tweed vir iets warm








en Elle se mooi Retro-reeks (die ene heel links gaan vingerlose handskoene word)





En Elle Supergold wat sooo lekker hekel




EN kyk hierdie wolmengsel...kyk net al daai mooi bloue bymekaar met die rooi.





Maar ek is nie met een van daardie huistoe nie. Nee, ek het hierdie gekoop vir 'n Cowl Scarf vir Ouma Nettie (groen) en vir my (blou) :






en hierdie dalk vir skoonma?





en hierdie vir my manne





en hierdie vir die koerantverkoper.





Mmm, baie serpe om te hekel. Maar eers moet ek gou nog hierdie week deur hierdie stapeltjie kom vir Babatjie M se kombers! Blok vanaand die laaste lotjie, en dan moet ek Lucy se Join-as-you-go bemeester.







Ruby's is a treasure chest

This is about Ruby's, treasure chest in my town, where you can find just about anything haberdashery-like that you would ever want. I went in for a nr 10 hook and some satin binding...I came out with various balls of yarn for scarfs...Marco for me and Granny, Toledo for the MIL, Rustica for my Man and Boys and some acrylic Semptai for the newspaper seller. No hook, no binding. But first, I must throught the pile of squares for a Baby Blanket and then master Lucy's join-as-you-go!