Monday 23 May 2011

Die (poging tot) Vintage Stripe Kombers

Die kombers het sy lewe begin as ‘n Vintage Stripe blanket, soos gesien op Attic 24. Hier het ‘n paar bolle Rustica DK van Elle rondgelê (denimblou, kakie, bruin) en nog ‘n bol donkerrooi van vreemde oorsprong.Na ek drie dae lank steke geoefen het, en die een klein blokkie na die ander geoefen het, besluit ek toe dis makliker om net te begin en skryf net enige foute toe aan nie-ervaring.


Kan mens nie iemand betaal om ‘n foundation chain te doen nie? Dis iets verskrikliks, om 250 steke slap genoeg te doen en dit probeer netjies hou, en dan nog ‘n ry glippies daarin te maak sonder om die berge te wil in. Ek gaan die foundation chain reg strek en blok tót dit gelyk is met die res. Daar’s mos nie ‘n Hooky Police nie (dankie, The Happy Hooker!)


Ek dink ek het begin met singles (die doel was mos nou om die steek te bemeester terwyl die kombers vorder). Iewers, ‘n paar rye verder, het dit doubles geword. ‘n Rooi draad het verskyn, wat te dik was (dit het gebly). ‘n Vaalgroen akriel DK van onbekende oorspring het verskyn en mooi ingepas. Ek het nog ‘n paar kleure gaan koop: turkoois, donkerder groen, witterig, ligpers. Oeps, Rustica kom in DK én chunky én Ultra of Extra! Weer gaan koop. Aangekarring.










Dis wel lekker, die aankarring. O, maar het ek gesukkel met die rande. Kon dit nie gelyk kry nie, En die patroon beloof ‘n foolproof metode, want ek moet net ‘in the gaps between the stitches” iewers iets double doen dan kom daar ‘n V, en dan maak ek die steek net weer in die V…dit het my seker 30 rye gevat om uit te figure. Dus is die eerste 30 rys se sykant vreeslik krom en skeef (en ek gaan dit na die tyd op ‘n manier beredder) en daarna – pylreguit. Sukses!

















Kombers se kind al amper 60 cm breed. Ek vat eers ‘n klein breek hierdie week, werk gou aan ‘n presentjie-ding en ook ‘n serp vir Ouma en die Bulkalfie. Het vandag ‘n SAK VOL wolle gaan koop by Ruby’s in Brooklyn. Skatkis.



Attempting the Vintage Stripe

This blanket started its life as a Vintage Stripe (as seen on Attic 24)...I had a few balls of yarn lying around, practised a bit, and then decided to just go live and DO it. Foundation chaining is hateful. I'd pay someone to do it. Think I started with single stitches. Couple of rows later, it became doubles. I added more colours. I bought more colours. Made heaps of mistakes along the way (but have now mastered the whole V-stitch thing at the end of a row). But I'm buggering on, actually love the look of the blankie, and will just block in into submission :-)


Saturday 21 May 2011

Die geboorte van 'n hobby (en 'n Kombers)

Ek leer hekel.

Vir jare en jare het hekel vir my in dieselfde kategorie geval as toiletrolpoppies en tissuebox-houers...nie iets wat ek in my huis wil hê nie. Veral nie met daardie grillerige kleurkombinasies wat mens nog steeds kry nie! Maar toe kry ek vir my baba die mooiste gehekelde kombers by sy oumagrootjies en daar roer iets in my binneste.














(Dit wat swart lyk, is eintlik donkerblou).



En so hier en daar begin mens 'n mooi prentjie sien, en my sus begin hekel (en sy maak mooi goedjies), ag en toe koop ek maar 'n boek en vergeet summier vir amper drie jaar daarvan. Tot Sus my 'n link stuur en sê KYK na Attic 24...nou enigiemand wat in Blogland ronddwaal en haar DK van Aran onderskei, sal weet van Attic 24. Sowat van mooi! Skoon, helder, diep pastelle, en sy is besig om die wêreld rondom haar toe te hekel met komberse.
En op 'n goeie aand gryp ek my enigste hekelpen (was nog Ma s'n) en gryp die naaste bol wol en trek weg. O, ag, dit het my seker drie aande geneem net om basiese steke te maak, wat 'n gesukkel. Het hier gesit met boek op die keyboard, 'n demonstrasie oop op You Tube, en Sus op die lyn. So hekel ek dieselfde klein blokkie oor en oor, om nou die steek reg te kry. Maar my nie aandagspan is nie verniet dié van 'n eekhoring nie en ek besluit om live te gaan. Maak daar 'n foundation chain van hoeveel honderd steke en raak aan't double. (Treble?). Weet nie! Wat toe ek nou die dag weer mooi daaroor dink, sien ek dis eintlik so baster tussen 'n glipsteek en double, met 'n chain van nog 3 tussenin, maar ek gaan nou net so aan. Dit werk nog sover reg. Dit gaan net maande en maande neem om my kombers klaar te maak, want getrou aan my aard (en in teenstelling met die aandagspan), is my eerste projek van enigiets altyd GROOT. (Anders raak ek te gou verveeld).







(En hekelpen nr 1 was toe 'n 2.5 grootte, wat eintlik helemal te klein is vir die grootte kombers wat ek wil maak...)
(Nifty sakkie is van IKEA en was paar jaar lank pentie-houer, maar ek dink dit werk beter as hekel-houer ;-)

Nou moet ek net leer onderskei tussen US en UK hekelterme - want 'n double en treble verander sodra hul die Atlantiese Oseaan oorsteek. Ek nou al uit dure ondervinding geleer dat Rustica wol in verskillende diktes kom! (Nie geweet nie). En ek soek 'n Afrikaanse, of ten minste plaaslike blog. Want ek vind die een na die ander skitterendste blogs, maar hul almal is ver oor die water. En ek wil van wolle en winkels en dinge hiér weet. (En ek moet meer blog-wys word, want gaan nou vir die 3e keer post en hoop dit gaan live!)

Hier gaat ek.




Birth of a hobby (and a blanket)

I'm learning to crochet. For years I didn't like it at all, but changed my mind slowly after receiving this lovely Granny Square from my husband's granny...my sis alerted me to Attic 24..and then she started...and then I tarted! From a book, real slow, making lots of mistakes, and the promptly started with a giant project that is going to take years to finish - this Vintage Stripe Blanket/


Now I must learn the difference between US and UK terms, differents yarns..and try to find a local blog, 'cause I want to know about things HERE in RSA as well.